History Boys en vandag

  • 4

Hello Jaco, 

Jou, foul festering grubby-minded litte trollop, jy lees my soos 'n boek, hierdie is 'n gunsteling-film van my, soos gebaseer op die toneelstuk, en was die dialoog so goed dat ek die boek op Kindle aangekoop het, daarom kon Hector se kwinkslag van 'foul festering grubby-minded litte trollop' vinnig gespoor word. Terwyl op die onderwerp, moet ek erken dat ek 'crush' op Posner het, en oortuig sy “Bewitched, Bothered and Bewildered” my hoekom, asook sy liefde en aanvoeling vir die digkuns en die las van begeerte wat hy dra wanneer hy 'n onderwyser is vir sy jonger studente en in die film vir Dakin. 

Verwys hier wat die digkuns betref die toneel tussen Hector en Posner wat 'n gedig van Hardy bespreek. 

Hector is natuurlik 'n ander saak, maar redelik 'skadeloos'? en tog verwysend na die idee dat die oordrag van kennis 'n erotiese daad is. Die skoolhoof natuurlik dink dat dit is totale onsin en om studente te bevoel is 'n onding en buite orde.

Natuurlik is dit so.

Maar terug na Hector en sy studente, dit is kennis, en ervarings, wat as 'waardeloos' beskou word, met geen daadwerklike nut vir die daaglikse realiteite, maar dit is duidelik dat Hector wel sy studente se lewens verryk het en idees geplant het wat 'n ander dimensie in hul lewens bring en sonder terughouding doen hierdie studente mee, aanhalings, verwysings, sang en musiek borrel uit die studente. 

Is dit nie werd om daardie rykdom te besit, insluitende geskiedenis. 

En is baie van die argumente wat deurskemer in die toneelstuk wat Roger Scruton met gemak oor kultuur sou gemaak het. 

Die waarde van kultuur in die sin van 'die beste wat gedink en geskryf' is. 

Dit laat toe dat die onderwerp weer aangespreek kan word, hoeveel van die debatte hier, gaan juis nie oor geskiedenis nie. 

Net van die mees onlangses wat uitgelig kan word. 

Jan Rap en Afrikaans, waar Jan Rap die bevoorregte plek van Afrikaans ontken soos dit deur wetgewing beskerm was en die feit betreur dat Afrikaans nog altyd aan die agterspeen gesuig het.

Kobus de Klerk, myself en ander oor die verloop van die Joodse nasie se geskiedenis. Waar Kobus dit lees as 'n verhaal van 'n volk wat afvallig was en ek aandui dat haat teen die Jood is struktureel in Westerse denke en dat ongeveer twee eeue se verloop van Jesus se aanvanklike verskyning tot en met die skeiding van Christen en Jood voltooi was en die boodskap uiteindelik uitgedra is na die Nie-Jood. 

Comestor en myself, oor beloofde referendums, waar FW de Klerk sou wees op 'n sekere dag, die weerstand en geweld van die bevolking en die armoede wat die vorige bestel geskep het en hoe daardie tot vandag nog die samelewing beduiwel, ongelykheid, armoede wat die hoof gebied moet word, geleenthede wat geskep moet word, en 'n erkenning van skuld. 

Die oorsprong van idees uit die 1950's van aparte volke, nasies, in 'n enkele land en hoe daardie skeiding bewerkstellig gaan word en die gevolge wat dit vir die land gehad het. 

Dit is veral die erkenning van skuld, wat so moeilik is. In Duitsland nou weer weens 'n TV-reeks is daar weer nabetragting in die media oor Hitler, die oorlog, die uitwissing en hierdie geslag se reaksie daarop. Der Spiegel beskryf dit as 'Die ewige trauma'. 

Inderdaad is dit korrek, heel gereeld is geskiedenis, die ewige trauma, en is dit nooit afgehandel nie. 

Selfs Margaret Thatcher, wat maak van ons van haar, na 'n kwart eeu. 

Dalk is dit net my voorkeur, maar sonder geskiedenis, kan geen van vandag se debatte sinvol gevoer word nie. 

Kafka, Camus, as nog voorbeelde, 'n vermenging van letterkundige kritiek, maar net so belangrik, is waar hulle hulself bevind het in historiese konteks. 

Sonder geskiedenis kan ons nie, dit laat debat oningelig en arm en bied ek geen kritiek teen Chris se kommentaar en beaam dit.

Baie dankie

Wouter

  • 4

Kommentaar

  • Beste Wouter

    Ek het hierdie skrywe van jou vannaand eers teegekom,  Ek sien dit nie op my argief bladsy vir die datum nie.  Ek het dit teegekom toe ek onder jou  naam 'n sekere brief van jou wou opspoor.

    Alhoewel ek sekere persoonlike eienskappe met jou deel, kom ek agter dat daar heelwat is waarvan ons gaan verskil, hopelik op vriendelike voet. Alhoewel ek geskiedenis terdee geniet, is ek meerendeels prakties of pragmaties ge-orienteerd. 

    Ek huldig 'n siening dat ekonomiese welvaart die hoofstrewe van die mensdom is, en hoort te wees, en in hierdie konteks, dat klem op die hede en toekoms hoort te wees, eerder as die huidige oormatige klem  oor die verlede, meerendeels buite konteks, afhangende die idiologiese aanhang van die betrokke party ...  Die honger man gaan nie tyd op die verlede (geskiedenis) spandeer nie, wanneer hy weet hy sy tyd moet bestee word om die heel basiese menselike behoeftes te bevredig. Eers wanneer hy meer boontoe op Maslow se skaal van bevredigde benodighede gevorder het, kan hy, die luuksheid aan die studie van geskiedenis werklik bekostig, indien hy belangstel.

    Wat ek teen geskiedenis in die S.A. konteks het, is dat selfs na 20 jaar se demokrasie, word dit steriel aangewend van alle kante, wat dan as struikelblok dien vir beide blank en anderskleuriges om werklik in die ekonomie van die land ge-integreed te word, en wat die land verdeeld hou.

    Tiepiese voorbeelde van aanwending van geskiedenis buite konteks, is die van Jason Lloyd mbt bruinmense, Jan Rap mbt die Afrikaner, en met groot respek aan jou, waar jy voel die blanke moet 'n gevoel van skuld teenoor die anderskleuriges huldig; almal en alles gebaseer op reg die en verkeerde oor gebeurlikhede van die verlede.

    Om dit eens en vir altyd uit te klaar.  Ek huldig geen skuldgevoelens teenoor niemand nie, hetsy blank of gekleurd.  Elke mens moet sy eie branders in die lewe maak.  Waar ek kan, en hulp word gesoek, sal ek help, maar moet my nie onder enige gevoel van verpligtiging of dwang plaas nie, want dit sal soos water op 'n eend se rug, geen vat op my kry nie.

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 
     
    Die gevoel van onskuld moet getoets word aan hoe die ander jou ervaar. Daar is geen manier waar ek dit kon bevestig nie en is dit een van die vraagstukke wat by my draai. Dalk omrede ek 'n gevoel het van hoe onmenslik onderdrukking is en dit is wat ons hier gedoen het en die gevolge is sonder end. 

    Baie dankie

    Wouter 
  • Beste Wouter

    Die waarheids-en-versoeningskommissie, spesifiek deur die ANC aangevra was veronderstel om die verkeerd aan beide kante toe uit te wis.  Dit blyk dat eintlik wat bedoel was, was dat swart terroristiese dade alleenlik vergewe moes word, maar nie blanke handelinge van die verlede nie.

    Ek berus my vanaf die datum dat die kommissie sy  werksaamhede afgehandel het, dat die blaadjie beide kante toe, skoongevee was.  Dus voel ek vere vir alle ongeregtighede beidekante toe voor sodanige datum. Die swartes het hierdie land se knaters beet sedert 1994.  So dit slaan my eintlik dronk wanneer ek tot ad nauseam hoor hoe hulle hulle lot in die hede steeds bekla, en blankes daarvoor wil aankla.  Basta daarmee.

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 

     
    Kennis geneem van bogenoemde veral die werklike redes vir die WVK aan die hand van jou skrywe. Daar kan nie voorgeskryf word aan jou wat jy moet voel nie en sal die brief nie poog om so te doen nie. Jy is skoongewas van alle skuld en kan sonder sorg die toekoms ingaan. 
     
    Gelukkige jy. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top