Hippie-era was meer substantief?

  • 1

Ek dink die hippie-era was baie meer substantief, as meeste wil toegee. Hippies het "groen" betekenis gegee. Hul het al in 60's die aarde probeer red van al die gemors wat nou werklikhede is. Dalk was te veel klem op die dagga geplaas, deur partye met verskuilde agendas toe en te min op die waarhede van leefstyl. Selfs weer tyd om ou 'songs' af te stof, want dis nou weer geldig, woord-vir-woord. My gunsteling bly die duet van Dylan en Baez in 1963 "with God on our side".

Hans Richardt

  • 1

Kommentaar

  • Die opkoms van "hippies" was ’n "hype" van korte duur.  Die blommekinders, soos hippies algemeen bekend was, het geen substantiewe filosofie gehad nie, behalwe die versoek tot die wettiging van "dagga", mans met lang verwyfde hare, dagga verstarrende oë met ’n eentonige "V" teken met die wys en middelvinger vorentoe gewys en die aanhoudende gepreuwel:  "Make peace, not war".

    Die hippie-era het die inlywing van "drugs" wêreldwyd ingehuldig. Die paar hippies vandag is ou mans, nou bles op die bokop, en lang hare in die kraag en nek, wat nog armbande dra, en ooglopend breinskade oor die jare aangedoen het. Beslis die drek verwerpsels van die samelewing.

    Jaco  Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top