Hier lê ôs

  • 0

Foto: Canva

Hier lê ôs

Moettie ko vertel
Kinderlê is net ’n naamie.
Ôs minse weet
’n naam abba swaar,
en lê soos ’n klip
op bors.
Hier het twee-en-dertig kjinners
nie grootgeraak nie.
Klein hanne.
Melktande.
Toe kom dood.
Kop teen xhoubank.
Tot kop opgee.
Bloed wat afsuip
innie warm Namakwagrond.
En die veld –
veld moes stâ kyk.
Iewers het ma
nog kerk toe geloop
met haar kjind se naam
veilig innie mond.
Sy’t nogie geweet
sy ga huis toe
na ’n graf nie.
Twee-en-dertig.
Sê dit stadig.
Kjinners
wat vir hulle mammas gewag het.
Maar nou
lê hulle nie meer alleen nie.
Die grond
het weer sy mond gerek.
Drie-en-sestig.
Khoi.
San.
Ôs grootminse. Uit grafte kom steel.
In bokse.
In museums.
Kopbene gemeet.
Bene bekyk.
Mins gemaak
tot ding.
Nou kom hulle terug
Namakwaland toe.
Sonner asem.
Sonner vel.
Sonner naam.
Net bene.

En kinderlê
maak plek.
Kjind langs oumins.
Been langs been.
Wond langs wond.
En ek wonner
of die kjinners gefluister het:
“Oumense,
julle is byrie huis.”
Die veld
het ôs name gexham.
Die klippers
het die bloed gexham.
En nou
xham grond
weer sy minse.
Hier lê ôs dooies.
Hier lê ôs onthou.
En fok tog –
ôs sal nooit vergeetie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top