"Hier by jou" deur Abe Landsberg

  • 0

Hier by jou

Ek sien jou in die maanlig en jy lyk nes soos ? droom
Alles lyk so fraai en so skoon
Die lewe kry betekenis
want jy word my hartelus
en ek is so gelukkig nou
hier by jou

REFREIN:
Hier by jou is lewe
Hier by jou is vrede
Ek hoef nie bang te wees nie
as storms om ons heers nie
Jy vergeet, vergewe
hierdie ou verlede
En ek is so gelukkig nou
hier by jou

Jy is net soos ? mooi wit roos
Jy laat my hart skoon bloos
My sitersnaar, my lelie blaar
Die lewe het betekenis
want jy is my harte lus
En ek is so gelukkig, ja
hier by jou

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top