Hier by Jane
Agter ’n berg van verlore drome
Langs ’n rivier van verslawing
Onder ’n lugruim vol haat
In ’n land vol rampe en kwaad
Staan sy kaalvoet in die reën
Beeldskoon en deurmekaar
Tussen vele donker figure
Straal sy steeds so helder en warm
Ek is veilig tussen mure
Hier by Jane
Hier is nie haat nie, hier is nie haat nie
Ek verdwyn in die reën en dit skyn
Hier by Jane
Hier is nie haat nie, hier is dit nooit te laat nie
Hier bo-op selfmoord en verlore vertroue
Tussen ’n klomp afbrekende woorde
Langs vreeslike vloeke en gille
Agter die lippe van brullende pyn
Voor al die mal stemme
Tussen ’n klomp donker ritmes
Onder dodelike donderweer
Staan sy kaalvoet in die reën
Beeldskoon en deurmekaar
Tussen vele donker figure
Straal sy steeds so helder en warm
Ek is veilig tussen mure
Hier by Jane
Hier is nie haat nie, hier is nie haat nie
Ek verdwyn in die reën en dit skyn
Hier by Jane
Hier is nie haat nie, hier is dit nooit te laat nie
Ek smag na stilte vir my vrese
Soos dromme in my gemoed
Ek smag na vryheid vir my gewete
Soos gif bly dit in my bloed
Maar onder ’n lugruim vol haat
In ’n land vol rampe
Staan sy kaalvoet in die reën
Beeldskoon en deurmekaar
Tussen baie donker figure
Straal sy steeds so helder en warm
Haar engel-klanke vul die lug
En haar skoonheid ruk my wakker
Haar engel-klanke voed my siel
En haar reinheid pluk aan my
Ek is veilig tussen mure
Hier by Jane
Hier is nie haat nie, hier is nie haat nie
Ek verdwyn in die reën en dit skyn
Hier by Jane
Hier is nie haat nie, hier is dit nooit te laat nie
![]() |



