hóóg bo Mens

  • 0

t’rwyl Pentagon-Predator lugruimte penetreer,
wyl g’boort’regskenners g’boort’reg onn’rdruk,
bly meester sjatan in sjy noppies, in sjy skik,
m’t Moederstad-ikonografie, Berg, g’assosieer

“Sjatanspiek” staan glo goedg’lowiges aan,
uit elke hoek, perspektief, hul mirrit oukei,
g’n beterweter b’skikbaar, hul uit’t uit t’lei,
niemand wat “G’wete-herwinning” v’rstaan

Self-destruksie, struktuurg’weldsv’rheerliking:
belangstelling min, in v’rnietig van uitwissing,
in Lewe Twee Lewe, Wetenskaplik ’n g’gewe

vir H. Sapiens Sapiens zero, na t’strewe,
weet mos glattie hoe presies lyk Vryheid,
hoev’l Boeke b’staan da’, re G’regtigheid

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top