Hey meneer
[Vrou]
Hey meneer, wat het jy probeer
Ek is nie blond of opgepomp
dat jy met my kan flankeer
Kom hier en sit en sê wat sien jy
Want my Draak kan homself nie keer
om my hart so seer te kraak
[Man]
Ek sien jou hier by jouself en wonder
ja, hoe dit sou wees as jy myne was
Ek soek nie dom of aangeplak, net jou
warm lippe op myne en jou hande in my sak
sodat ek kan sê jy is my skat
Dis vir nou al wat ek wil hê van jou
Later kom ek jou haal uit sy klou en vra jou om met my te trou
REFREIN:
Hey meneer, hey mevrou, ek dink ek is gemaak vir jou
Hou my vas, ja, ons pas
Ek vir jou, jy vir my
Dis die dag waar jou hart in my hand laat vasmaak, gee my net ? kans
[Vrou]
Ek het jou al lank dopgehou, sonder dat jy sou sien my oë volg jou
As jy deur my lewe stap is dit in en uit, maar vandag laat ek jou nie trap
Ek dra ? ring, maar voel gevang deur sy harde dade
Sy woorde is nie sang van wondere nie
[Man]
Ek kom nie in en uit jou lewe nie, ek hang rond en kyk of jy op wolk sewe is
Maar ek sien jou nie lag of dans, jy is meer as net ? kans
Jy is die begin van my dag, engel
So vee af jou trane, jy is amazing en ek het jou lief al het jy ? ring
REFREIN (x2)
Ek vir jou en jy vir my
Dis die dag
Hou my vas, ja, ons pas
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


