Hey, luister gou vir my
Ek hou nie van skree nie
maar ek praat soms hard
Want jy luister nie vir my nie
want jy’s altyd wit of swart
Grys is nie vir jou nie
want jy weet wat jy wil hê
Maar jy luister nie vir my nie
en jy hoor nie wat ek sê
REFREIN:
Hey jy, luister gou vir my
Luister gou wat ek wil sê
en wat jy graag van my wil h?
Jou drome lê in stukkies
op jou beste vriend se vloer
Want jy hoor nie wat hy voel nie
so jy vermoor eerder jou broer
Hy het jou rug elke dag
hy staan by jou in die donker nag
Jy voel 'n veer en kyk net neer
Jy gee nie om nie en jy maak hom net so seer
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


