Geskryf vir: Straatligkinders
Het jy al so gevoel
Gevoel jy het jouself verloor en gevind binne ’n oog wink
Het hy al die hele aan gegaan sonder om te slaap
Net om die reuk van die oggend te ruik wanneer hy ontwaak uit ’n diep slaap
Het jy al geproe hoe rou liefde proe
Al val dit bitter op jou tong los dit ’n soet nasmaak wat ontsettend moeilik is om oor te kom
Het jy al kaalvoet geloop op ’n nat grasperk en die gras toegelaat om jou voete te kielie
Het jy al vergeet van tyd, iemand, iets en sonder om rêrig te probeer
Word jy weer herinner daaraan?
Wel ek het al en al wat ek kan sê is die eerste soen is die enigste ding wat ek mis

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

