Geskryf vir: Any
Het iemand my broer gesien?
Hy was laas nogal dronk
Toe ek badkamer toe was so tien oor tien
Het hy my en al sy vriende geninja bom
Hy het gesê hy wou gaan
Maar my ouers sê nee
Toe steel hy my kar
Vir die tweede keer
Ek maak toe ? paar koppies koffie
En vat toe my ma se van
Want ek weet hy is oppad na Oppikoppi
Oppad na die promised land
Refrein:
Stof en duister, ware soul
Musiek van yster, rock ? roll
Het iemand my broer gesien
Hy was laas nogal dronk
Die gesteelde Golf op die highway
Op pad na die land van die ongesond
Ek is nou hier
Ek weet hy is ook
Ek loop al die pad tot bo
Daar sit hy op die kop
Wel, ek is nou klaar hier
En ek is die een met die geld
Toe drink ons elkeen ? bier en kyk na die musiek
Terwyl my hart smelt
Refrein:
Stof en duister, ware soul
Musiek van yster, rock n roll
Stop, ry en rock ? roll

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

