hervatting

  • 0

’s ter wille van 'n nageslag, voortsetting, nasate,
’s vir hulle, Mens wat mede-Mens hiërargies opvolg,
m’t v’staanbaarheid moet v’staan, kultuurerfenis,
als wat eie ervaring, beleefnis, mooi voorafgaan,
lat Mens m’kaar, ja, onderling, Mens en Naaste,
mede-Mens, wederkerig, opreg sal probeer v’staan,
sal luister, diplomaties t’werk gaan, m’t mede-Mens,
Naaste se mening, opinie, begeerte, verlange, wens,
stille meerderheid, neo-leunstoelpolitici, gematigdes,
net so baie, net soos mede-Mens sou wou geniet,
sonder iets Utopiaans, eintlik oor huis toe te skryf,
want dees Planeet’s onutopiaans, vir tyd-'n-wyl,
tot Skepper Sy Kreasie, Spel, weer voort Wil Skep

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top