"Herinneringe" deur Retha van Deventer

  • 0

Herinneringe

Herinneringe
Spookasemstringe
Soet om my gevou

Warm sonstrale
Om my lyf soos krale
… jou hande in my hare

Koester
Weskus-skulpiesand
… ons voetspore op die strand

Herinneringe
Spookasemstringe
Soet om my gevou

Verlange
Rooi-oranje sonsondergange
Maanligaande

’n Brander
gekom en gegaan
herinneringe op my lewenstrand  gebaan

Herinneringe
Spookasemstringe
Soet om my gevou

Sonder jou
Bokkoms in die wind
Tot ons mekaar weer vind

JY
Natuur se kind

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top