“Herinneringe” deur Eljeanie Wilke

  • 0

Herinneringe

Alleen en agtergelaat
Van vergeet en doodgemaak
Sonder gevoelens wat kan heelmaak
En nie meer sin maak
Maar jy sal my nooit so sien
Want jy sal my nooit verdien
Agter woede sal ek skuil
En in die aande myself aan die slaap huil

Herinner my wanneer jy ooit omgegee het
En my uit my depressie sou red
Soos ’n tydbom
Het jy gekom
Met trane en ’n verbleikte blom
En net weer so verdwyn
Sonder om terug te kyk

Ek wonder maar net
Wanneer jy geweet het
Dat jy van alles sou vergeet het
Tog het ek dit altyd sien kom
Ek voel so dom

Maar hierdie voel als soos ’n kinderagtige cliché
Wat mens in simpel movies kry
Wanneer gaan ek jou uit my kern kry
Gaan jy by my vir altyd bly
En ek sien hoe memories
Verby my gly
En my tot trane dryf

Hoe voel dit om haar vas te hou?
Voel jy beter nou?
Kan jy ooit nog my naam onthou?
As jy haar rondparadeer
Sal jy ooit kan leer
Oneerlikheid maak seer

Jy is nog steeds daar
As ek laat gaan
Sal jy steeds daar bly staan
Ek weet net nie vir hoe lank
Sal ek kan oorleef
Sonder om in te gee


 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top