Blare verander van groen na bruin,
Die boom staan daar nou naak.
Blare le die aarde vol,
Takke mag nou nie daaraan raak.
Verwelk le hulle almal rond,
Hul skoonheid daarmee heen.
Herfs het gekom om dit weg te neem,
Die boom staan daar en ween.
Skeiding tussen boom en blaar,
Verander die natuur skoon gou.
Herfs het dit aangetas,
Dit word nou nie meer vertrou.
Nie deur boom, nie deur blaar,
Dit beteken net gevaar.
Wanneer die lente seisoen sy terugkeer maak,
Ontmoet boom en blaar mekaar.

