Herfs in die tyd van korona

  • 0

Fotobron: Canva

Wanneer het dit herfs geword
die nuus is op die almanak te sien
maar dis nie waar ek dit wil lees nie
ek voel gewoonlik aan hoe die herfs
stilweg nader kruip soos ’n infeksie.
Ek sou as ek kon
uitgaan en deur die bome soek
vir ander wat ook bladwisselend is
om te verklik dis herfs buite my erf
en die boom hier binne is gesond
hy is net aan die verherfs
want hý kan oor die mure sien dat
dit orals najaar is en dat korona
die seisoene onbelangrik maak.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top