Teen begin 1900 was Britse militêre regering in Bloemfontein en Pretoria gesetel. Maw, die Britte het toe al gewen! Vandaar het baie boere hul onderwerp aan die Britse gesag. Die res was dus "terroriste"/ rebelle en het hul werklik enige krygsgevangene-beskerming wetlik verdien? Oorlogskade-reperasies was eers in die laat 1920's in die vorm van ’n span "staatsosse", ’n ploeg en saad aan kwalifiserendes teen ’n staatslening gegee. Baie klein boere het in droogte van die depressie-era "uitgeboer" en kon nie hul verpligtinge tov die staatslening vir osse, implemente en saad nakom nie en het arbeiders op paaie, damme en in fabrieke geword. Tog is die geskiedenis nêrens "opgeteken" in boeke nie en hoor mens net van konsentrasiekampe en bannelinge? Nêrens hoor ’n mens dat baie arm wit Afrikaanse werkers as lede van die SAKP geïnteneer was in WO2 nie? Dis net "noorde" se manne en Ossewa brandwagte wat genoem word in boeke? Die SAKP was deur wittes begin in SA ná WO1. In die "totale aanslag era" was die wit Afrikaner as ’n wit anti-kommunis voorgestel? Tog was baie se wortels in kommunisme? Ek onthou van my Merensky-maters op skool, wie se pa ’n Joodse Rus was, wie met ’n wit boervrou getrou het! Jan Rap, dalk is dit jou Engelse wortels wat jou so fundamentalistiese inslag gee nou? Ek dink die NP het ’n eiesoortige era gehad?
Hans Richardt

