Hemel en hel

  • 0

Oorspronklik het die woord hel ’n veilige plek beteken. Dit het dieselfde stamverband as  hemel, hof, heuwel, hal, en hawe. n Hol binne ‘n heuwel was ’n heerlike warm, gesellige huis waarin ons voorouers gewoon het.  Germaanse krygers, het, as hulle te sterwe kom, die Walhalla betree.

Baie plekname hou ook verband hiermee. In Nederland is daar bv. Helmond, Hilversum, en selfs die naam Holland. Die Gotiese woord heim (ham)  wat ook hiervan afstam, vind ons in in Hamburg, Stutterheim, inham, die Engelse woord home, die Friesiese woord himul, die Duitse Himmel en dan ook hemel.

Dis maar die Christene wat die betekenis daarvan verander het na ’n plek waar daar met knersende der tande geween sal word, en van toe af was daar geen keer meer aan slegte betekenisse nie. Jy heul met die vyand, en Afrikaanssprekendes dink die Nederlanders oorskry die perke van welvoeglikheid as hulle van die leeu se hol praat.

Groete
Angus

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top