Watter is die gewildste gedigte in Afrikaans?
Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Louis Leipoldt, Totius, Eugène Marais. DJ Opperman, NP van Wyk Louw, Adam Small, Peter Blum, Ronelda Kamfer, Loftus Marais en Jasper van Zyl.
Soveel stemme, soveel onvergeetlike gedigte – en dit alles in Afrikaans.
Dis tyd om die Afrikaanse digkuns te vier en hulde te bring aan die woorde wat ons oor dekades heen bybly. Leserskring, RSG en By is op soek na die gewildste gedigte in Afrikaans – en jou stem tel.
Stuur vir ons ’n lysie van jou vyf gunsteling gedigte en die digters en help ons om ’n digbundel en klankopnames van dié gedigte saam te stel. En daar’s groot pryse op die spel!
As jy jou lysie vir ons stuur, kan jy een van tien wenners wees wat elk R1 000 wen.

