Helen Zille se groot fout

  • 2

Sy’t verskoning gevra en dit is ’n groot fout – sy sal nooit vergewe word nie.

Richard Nixon het dieselfde fout met die Watergatestorie gemaak – gesê hy’s jammer en gevra die volk moet vir hom bid.  In plaas toe van bid verag die volk hom; hy’t gewys hy het voete van klei. Hy moes gesê het wat hy gedoen het was in landsbelang (of dit nou was of nie) en hy wil geen gekweel meer oor Watergate hoor nie.  Hy kon gesê het hy het wel al ’n fout gemaak maar dit was 10 jaar vantevore toe hy gedink het hy het ’n fout gemaak wat toe nooit ’n fout was nie.

Dieselfde met De Klerk en die susterskerke; hulle verskoning het uiterste veragting vir die witte oor die algemeen en die Afrikaner spesifiek aan die hand gewerk.

Zwelinzima Vavi het ook verskoning gemaak vir iets wat, in vergelyking met Zuma se eskapades, onbeduidend is.  Jy kan sê van Zuma wat jy wil maar sy mensekennis, lyk dit my, is meer as Zille, De Klerk, die kerke en Vavi s’n saam.  ’n Fout is nie ’n fout tot dit erken is nie.

Soos die Franse sê, qui s’excuse s’accuse, of so iets.

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Jan enige persoon so lank hy nie blank is nie se askiese/sorries en wat ook al sal in die land aanvaar word. Ek het in 'n brief al genoem dat die wittes in die land hul tyd met politiek mors tensy jy nie op die ANC-waentjie geklim het nie. Selfs dan is jy nie verseker van jou rakleeftheid nie. Daar is die voorbeeld van die Niahause Casrilse en andere. Dit is asof die mense nie die begrip AFRICAN NATIONAL CONGRESS verstaan nie. Die wit politici daar is net daar vir eie gewin. Die wit minderheid is 'n doring in die vlees van die meerderheid.

  • Ja Reusedwerg enige verskoning van ons kant word gesien as 'n onderneming om nog meer te betaal (en nie net in geld nie).

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top