"Helde(r) vegkuns" deur Marcus Joubert

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Verse:
Ons almal hopeloos, hopeloos te haastig in nagdonker
Op pad na die middernagson
Vermis ons ? paar hoofstukke in ons ruggraat

Liefde vat moeilik vorm in my kop
Dankie vir ? hart

REFREIN:
In die sterre wat ons toevou, sien ek ? vegkuns wat ons
toevou, engele en duiwels in geveg, sterre wat skitter
? Teken van oorwinnings teen die donker
Teen jou eie donker
Staan op en oorwin nou jou eie donker
Oorwin jou donker, oorwin jou donker

Met oë opreg gelouter bottel ek die skemer
Om te weet, om te vergeet waar my trane
gestol het, waar my trane aanhou rol het

Dis moeilik om te glo dat Liefde oor al hierdie donker heers
Dankie vir ? hart

REFREIN

Daars genoeg plek in die donker vir elkeen van ons om te skyn
Dankie vir ? hart
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top