"Helder swart" deur Nadia Schultz

  • 0

Helder swart

Ek dink ek verbeel my dinge
in die oë van ’n vreemdeling
Ek dink ek verloor myself
in die ritme van sy hart

Ek voel gedagtes oor sterrelose vlaktes
vreemde nuwe ou goed wat my pla
dan dink ek passievol hoopvol terug aan nou die aand
toe was ek en die ou jy nog onder dieselfde groot volmaan

my drome was sinneloos
totaal en al verbeeldingloos
want ek het net te diep gekyk
gedink daar's nog movie moments in vandag se tyd

Ek luister na kleure in ’n groot swart leë hemel,
dis dieselfde ou jy wat my nog steeds pla

Vanaand is die lug ’n helder swart
Vanaand in jou oë blink daar ’n helder swart
Vanaand is my hartseer ook ’n helder swart
want hierdie vreemdeling besit nog steeds my hart

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top