Held
Eendag lank gelede was daar ‘n man gewees
Hy was alleen en sy drome baie suur
Oor swart duine en papier soek hy na die wind
Maar bevind hom gereeld in skadu’s van plesier
Hy het homself gereinig met winter en pyn en
Hy het al sy hartseer weg gedrink met wit wyn
Word wakker onder sterre sonder liefde, sonder kwaad
‘n Bitter mens die harde mens, hartseer soldaat
Ja, die pyn van weg wees van familie het hom geskaaf en
Die bloed van ander mense het sy siel geraak
Nou sit hy hier op wiele, sonder bene, sonder raad
Wys op sy manier ‘n voorbeeld van verraad.
Dink weer aan die dae toe hy ‘n man was met ‘n doel
Vegter vir sy nasie wat vergeet het hy bestaan
Man met ‘n gebroke siel maar sterre teen sy hart
Wat maak jy vanaand, wat maak jy in die straat?
Die krake in sy hande is dieper as die pad
Die gate in sy tande vertel stories van lang jare
En sy oë vertel geheime wat vir altyd weg moet bly
‘n Mens met ‘n diep siel want hy is lankal al bevry
Ja, die pyn van weg wees van familie het hom geskaaf en
Die bloed van ander mense het sy siel geraak
Nou sit hy hier op wiele, sonder bene, sonder raad
Wys op sy manier ‘n voorbeeld van verraad.
Later toe ek terugkeer na sy wegkruipplek op straat
Was al wat oorgebly het net graffiti teen die muur.
Die verhaal van sy vergifnis, die sondes en sy lewe
‘n Uitroep aan die mensdom, ‘n lang gebed aan God!
Vergewe my, O Here! Slaan my dood met donderweer!
Verblind my en verdoof my, ek verdien nie meer die kruis!
Neem my weg van die geraas wat in my ore druis!
Ek vra vir nog net een keer, anders gaan ek self verdwyn
Ja, die pyn van weg wees van familie het hom geskaaf en
Die bloed van ander mense het sy siel geraak
Nou sit hy hier op wiele, sonder bene, sonder raad
Wys op sy manier ‘n voorbeeld van verraad.
![]() |