Hedendaagse woede en vrae

  • 11

Ek is van nature met sekere goeters stadig. Ek is onder andere stadig om tydens ’n geskil vinnig terug te twis en te reageer. Ek het die geneigdheid, tot my eie nadeel, om eers oor iets te besin, oordink, te wroeg en dan my mening te gee.

In ’n vorige brief het ek gepoog om die gewetensbeswaardheid van ons jonger lede van die samelewing te begryp, in te sien of te regverdig.

Dit slaat my vanoggend tussen die blaaie dat daar ook oorsake kan wees waaroor ons "ouer" lede van die samelewing moerig kan wees. Afgesien van die politieke, ekonomiese en ander "bevoorregte" voordele wat ons sogenaamd gehad het, is daar beslis goed wat my dwars in die krop in steek.

Ek lees artikels, statistieke, studies ens waaroor ek as wit, Afrikaner, Afrikaanssprekende, man moerig kan of behoort te wees.

Die goed wat ek lees word wêreldwyd in die pers en waar ook al uitbasuin. Ek het trouens dit ook op ander platforms opgelees. Dit word gesinspeel dat ons geslag se mense (mans) ’n wrang voorbeeld/geskiedenis nagelaat het. Wat my as Suid-Afrikaanse man ontstig, is ons land word as die "seksuele" misdaadkern van die wêreld beskou. Ons mans word daarvan "aangekla/beskuldig/op gesinspeel" dat ons ons vrouens "verniel, misbruik, verguis, vertrap en sleg behandel" ens. Ons land het ook vyf van die moordhoofstede, geweldsmisdade van die wêreld en korrupste samelewings geword. Ons land staan ook bekend as ’n veilige deurgang van dwelms en verwante produkte.

Ek voel my tans skaam om as Suid-Afrikaner gesien of geag te word. Ek is skrikkerig ek word met agterdog of minagting bejeën agv die samelewing waartoe ek nie bygedra het nie. Ek kyk toevallig ook na die wêreldbevolking se gemiddelde IK-tellings. Ons land, Suid-Afrika, lê amper heel onder met ’n gemiddelde IK van 70 wat grens aan onopleibaar.

Die volgende vrae kom by my op: wat moet ek doen? Moet ek myself afskerm en distansieer van die samelewing? Moet ek sak, pak, tas en kameel vat en padgee, wie weet waarheen? Ek sien nie ’n verbetering in die afsienbare toekoms nie. Ek staan verstom en tot sprakeloosheid geslaan wanneer ek die naakte afkeur en haat in "politieke figure"se uitsprake teenoor die wit man hoor.

God behoede ons.

Reusedwerg

  • 11

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Suid-Afrikaner amptelik. Amptelik ook Oraniër.
    Ons is wit Afrikaanse protestante, wat prostesteer teen politieke korrektheid.
    Nou ja, die karoo is harde wêreld en kan genadeloos warm of koud wees..
    Knie buig vir politieke korrektheid retoriek? Liewer bittereinder..vir dit waarmee ek opgegroei het. Ek het my protestante wortels in my lewe bevraagteken, wat eintlik vir myself goed was op my eie vrae op te klaar. Tog na jare se diskoers, is dit goed om die erwe van die vaders tog te waardeer. Sonder ons basis van Protestante, word ons kultuurloos.

  • Reusedwerg, jy sê,
    "Ek is van nature met sekere goeters stadig. Ek is onder andere stadig om tydens ’n geskil vinnig terug te twis en te reageer. Ek het die geneigdheid, tot my eie nadeel, om eers oor iets te besin, oordink, te wroeg en dan my mening te gee."

    Laat my sommer verlang na daardie vermaarde verbleikte jas TV - speurder van desjare - Columbo - ?
    Nee ..ek's nie sarkasties nie, behalwe vir die "tot eie nadeel" beskryf jy my ook!
    Wil net ook vir Hans laat weet - Net soos jy na '94 niemand kon kry wat NP gestem het nie, kry jy ook nou niemand wat pêlle was met die Gupta's nie. Soos dinge nou daaruit sien lyk die poging om die erwe van die vaders behoue te laat bly ... nou ja.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Raed--na-Gael, kom ons los die hare ding en praat oor toiletpapier se geskiedenis in SA tydens apartheid..
    Deesdae is alles mos rassisme, behalwe wit brood en wit toiletpapier..

  • Avatar
    Hans Richardt

    Read-na-Gael, ek wil darem nie die mieliestronke in "longdrop" behoue laat bly, as erwe van die vaders nie.
    Ek wil ook nie deel wees van Kaapse erwe-van-die -vaders deel van my lewe maak nie...
    Reusedwerg, hier in die karoo vergeet man half van die voortdurende gemors in res van land en is dit opsienbare reis na Pretoria of enige metropool. Daar is ook skerp kante aan karoo, bv hiper-inflasie en stof...

  • Hans jy nooi my uit -
    "en praat oor toiletpapier se geskiedenis in SA tydens apartheid." O.K - Hulle het toe die denneboom wat jou suurstof aanvul afgekap om toiletpapier te maak en jou belowe dat jy nie die mieliestronk in die "longdrop" sal aan durf nie. Nou ja - ons kyk deesdae in die "longdrop" in die mieliestronk vas.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Raed-na-Gael, solank ek nie op mieliestronk hoef te sit in "longdrop" nie...
    Ek probeer al vir jare daardie deel van SA geskiedenis uitpluis, wanneer het ons rolpapier vir die eerstemaal gekry? Noudat Media24 net aanlyn is en geelbladsye te hard is..., is dit gatslag.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Raed-na-gael, ek is bekommerd, noudat bekende tydskrifte en koerante nie meer in gedrukte vorm verskyn nie...
    Vir my bly die ablusie van Groot Trek en ABO ’n tergende raaisel... Helde het nie te vars geruik nie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Raed-na-gael, ek het uit frustrasie met die konsternasie van musiek op ons plaaslike radio weer na Brian Finch se musiek geluister. Ek is darem gatvol vir ABBA en sulke teruggrype na verlede. Finch en Hensen was plaaslike musiek in 1977, met substansie. Toe bly net Brian Finch oor in Karoo by sy gastehuis, nog steeds met substansie in liedjies. Jonges en oues op voel-goed radiostasies ken dit nie! Eintlik jammer...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top