indien Prez en binnekring, superbinnekringelik,
binnekort, binne perke van’l mag, regimeïsties,
re “isiBhulu”, “isiBhunu”, “SeBhuru”, “Boertaal”,
(soos’t in provinsiale Grondwette bekend staan)
streng offisieel meerderheidsmening sou neem
eigentlik nie linguïsties, letterlik, g’n lekker feit,
vir sommige sprekers, van sommige Afro-tale,
onhistories, pseudo-amptelik, tussentalig, nè,
oertaal, mengtaal, moertaal, sosio-vernakulêr,
post-imperialisties, -kolonisties, kreools affêr,
ilwimi oppie tong van Afrikaanse: “isiAfrikansi”
alle sprekers van dese tongval as “onderdrukkers”,
“amaBhulu”, vyandig, uitgekryt moet word, “Boere”,
nes diegene wat Biko doodgeskop’t, David Webster,
Neil Aggett, Chris Hani, Eerste Mens, in suiderland,
soos wilde diere uitgeroei’t, soos plaagdiere gejag’t
oud-‘comrades’, Mens, mekaar, só lelik verraai,
pejorativerend, rassisties, latte Mens wonner,
offittie apartheid’s, inne tipe regressie, trurat,
nuwe soort, ge-GM-de, superioriteitsindroom,
neo-diskriminasie, skeiding, ultra-separasie
of Mens, so Menslik moontlik, versus onreg,
Gewete-loosheid, super-mega-dimensioneel,
mag beswaar opper, linguïsties historifiseer,
van oud-onderdrukker se “’t laat my koud”,
hartseer verhaal van nuutste Afrika-taal
Jacobus Faasen


Kommentaar
Kapitalisme is gemik op wins, soveel as moontlik, hier en nou. Kraak die Karoo vir gas, verkoop reënwoudbome, verkoop al ons steenkool, erts, renosterhorings, leeus, olifanttande. Chris Hani was anti-kapitalis en as sodanig kon hy dalk wins beperk het, iets wat die kapitalisme nie duld nie en ten alle koste sal vermy. As jy genoeg samesweringsteorieflieks kyk kan die gedagte, hoe vlietend ookal, dat kapitaliste hom vermoor het, nie vermy word nie. Om twee sondebokke te kry behoort nie te moeilik te wees nie, veral as geld nie 'n kwessie is nie.
Dink bietjie man, julle is nie die enigste slagoffers op aarde nie.