Hartedief
Waaroor skryf ? mens vandag nog in die lewe?
Alles word tog as blasé beskou
Maar as ek dink aan wat wel saak maak en wat ek berou
strek my vingers na ? ou kiekie van jou
REFREIN:
Jys ? old school hartedief
ek sweer ek’s steeds verlief
? Regte swartkop misfit
met ? sprankel in jou oë
Maar die lewe behandel mens tog stief
en dinge loop soms verkeerd
Na al die tyd kan ek jou nog nie vergeet
Altyd dierbaar, altyd selfloos
Ek was die opposite, dit maak my nou nog bloos
In my hart is jy nou tydloos
Ek wens dat dinge anders kon wees vir my en jou
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


