Die hartbeeshuisie was so 'n 'groen' plakkershut. Kyk, die affêre het tot 'n beesveldeur en riempiesbed gehad. Die toilet was 'n 'longdrop' en water was in kanne aangedra? Ek dink dat in baie opsigte was die trekboere ook plakkers, wat 'invasion' gedoen het. Die trekboere van die groot Karoo het darem meer styl gehad met hul korbeelhuise. Ek dink daar was 'n definitiewe klasverskil van die ouens wat via die Sederberge binneland in is, as die ou spul deur die Ooskaap. Ek vergaap my nog steeds aan die sederhoutbalke, wat met aalwynsap geseël was. Die Europese inslag was darem duidelik in hul lewenswyse en hoe hul uit hul omgewing oorleef het, na aan hul tradisies en kultuur. Is die meeste plakkers nie nog Xhosas nie?
Hans Richardt

