"Hart van vlees" deur Jessica Kleinhans

  • 0

Hart van vlees

Verse 1:
Ek was blind toe jy jou gee
Alle mysteries spandeer
Op als wat ek jou wou gee

Verse 2:
Ekke wil by jou wees
Kan ek net jou storie lees
Ek het net ’n hart van vlees

Chorus:
Ek’t my ritme gekry
Dit was al die tyd net jy
As ek jou probeer verlei
Sal jy vir ewig by my bly?

Verse 3:
Vrydag en ek’s in verkeer
Nog ’n dag weer niks geleer
Sal ek jou ooit kan vergeet?

Verse 4:
Ek’t jou verkeerd hanteer
Ek is jammer ek moes leer
Jy’s my meisie van die see

Chorus:
Ek’t my ritme gekry
Dit was al die tyd net jy
As ek jou probeer verlei
Sal jy vir ewig by my bly?

Bridge:
Sonder rigting kom ons deur
Sonder reëls gebalanseer
Die wêreld het jou vir ’n rede vir my gegee
Totdat jy weer voor my staan
Sal ek my woorde herhaal
En so ontleed ons ons verhaal

Chorus:
Ek't my ritme gekry
Dit was al die tyd net jy
Toe ek jou probeer verlei
Het jy vir ewig by my gebly

Outro:
Ekke wil by jou wees
Kan ek net jou storie lees
Jy het net ’n hart van vlees


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top