"Hart op 'n stofpad" deur Christiaan Blignaut

  • 0

Hart op 'n stofpad

Ek dink sy was van die hemel af
met haar vlerkies en ? towerstaf
Toe ek haar sien het ek geweet
hierdie skoonheid sou ek nooit vergeet

Ek het my hart na haar toe uitgehou
en sy’t haar arms daarom gevou
Sy kon dit maar vir haar vat
solank ek haar hand kon hou

REFREIN:
O, die liefde is ? vreemde ding
wat om en om jou kop kan sing
Maar luister altyd na jou hart
al sien jy ook ? engel
Jy kan ma’ dans met die liefde, dans
solank jou hart sê dis oraait

So stap ons toe in die stofpad
glimlaggend oor die warm sand
Verby windpompe en aalwyne
Ek het gesweef want sy was myne

Na ? jaar tref ons voete teerpad
wat noord lê na die stad
En na daai liggies wou sy gaan
maar my hart bly in die stofpad staan

REFREIN

Hoekom wou sy na al dié tyd
vrye vlaktes en liefde verwyt?
Ons kan dit tog nie agterlaat
nie vir die tralies van die stad

Maar sy’t haar hand uit myne gegly
in haar oë het ek gesien dit is verby
Op my knieë het ek daar bly sit
toe sy haar vlerkies na die noorde sprei

REFREIN (x2)

Nou stap ek maar alleen die stofpad
En al is hy stukkend, ek het nog my hart

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top