Harry en sy gesin het kom kuier

  • 1

Die briewe wat op SêNet verskyn, is die menings van die briefskrywers en nie noodwendig van die LitNet-redaksie nie.

Ek sien dat Harry, sy prinses en klein Archie kom kuier het. Genade, wat 'n grote storie. 

Lyk my tant Liezbet stuur nou die kleinkinders uit om te gaan kyk wat in die kolonies aangaan. Die ding sien kom dat Harry geskool word om die derde wêreld, opkomende lande, tydens sy lewe sal besoek. Hy het mos al van jong se tyd kom help in Lesotho of waar ook al om skaap op te pas en aartappels te plant en trekkers te "service" wat te lank onder die bome staan gekry het. Nou toe vat Harry nog die regte vrou ook. Hoor haar oppie TV vir een van die menige openbare optredes vir die dawerende juigende anderskleurige aanhangers sê, dat sy ook 'n "woman of colour" is.
 
Ek het so nou en dan die besoek om die TV raakgesien. Die arme paartjie sal seker wonder of daar nog kolonialiste in die land oor is. Sien ook die prinses soek moontlik huis in die VSA te koop. Vir wat. Sy is mos ook kind van die kontinent. "Haw bo", sal sy vir haar so aanstellerig wil voorhou.
 
Was nou lekker om te sien hulle stuur vir Harry. Hy lyk na oulike outjie. Willem en sy dolla het te veel kinners om saam te vat. 
 
Hoop ons sien Harry en sy prinses gou weer.
 
Sê groete vir Ouma.
 
Reusedwerg
  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top