Harry
Harry het sy mind verloor
Het jy die latest nuus gehoor?
Hy's die mal landscaper van Bashewa
REFREIN:
Hier kom hy weer met daai silwer bakkie heen en weer
Ek sweer sy skroewe is daarin, want in sy kop is daar baie min
Hy is my beste vriend, hy is, hy is
Soos 'n ouer boetie, hy is, hy is
Harry het 'n skroefie los, maar hy maak die lekkerste kos
Pasta is sy favourite dis, maar hy's allergies vir skulpvis
REFREIN:
Hier kom hy weer met daai grassnyer heen en weer
Ek sweer sy skroewe is daarin, want in sy kop is daar baie min
Harry het meer as een byekas
Hy haal heuning uit met sy marsmanjas
As jy hom wel soek, sal jy hom vind met 'n Terry Pratchett boek
REFREIN:
Hier kom hy weer met daai silwer bakkie heen en weer
Ek sweer sy skroewe is daarin, want in sy kop is daar baie min
Hy is my beste vriend, hy is, hy is
Soos 'n ouer boetie, hy is, hy is
Ek weet dit gaan nie lank wees
Ek weet, ek weet
'n Meisie sal jou hart kom vat
Ek weet ek weet
Soos familie het jy vir my geword
Jy weet, jy weet
Vriendskap kan net so ver gaan
Moet my net nie vergeet, moet my net nie vergeet
Harry het sy mind verloor
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


