Doer by Tsinstabis het ons die laaste week of wat gehang en gewag vir die nuwe lot om te kom oorneem ... by einste laaste lig waar jy mos dan die nuwe manne die skietvakke aandui sodat hulle oge dan gewoond kan raak aan dinge in die donker wat mos kom. Die een boer daar naby het so ’n paar volstruise gehad en as so ’n volstuismannetjie mos katools raak dan kry hy mos rooi hakskene en loop en brul hy mos ... amper soos ’n leeu. Ons “ou” hande in die bos het geweet van die volstruise, maar die nuwe manne se oge het wild en groot gestaan vir die “leeu” wat hier naby so brul en ons het natuurlik vir hulle gesê hulle moet wakker wees sodat die leeus hulle nie hier in die kamp kom vang nie! Vir baie jare gewonder oor hoe lank dit hulle gevat het om uit te werk dis ’n volstruis en nie leeus nie? Hulle was ’n Johannesburgse regiment doer af die “States” af en wat sou hulle so erg van die veld weet ook?
Namib

