Jy weet mos van die Windhoek Observer en oorlede oom Hannes Smith? In my opinie die beste joernalis wat ek ooit gelees het, maar baie het hom gehaat oor hy die waarheid geskryf het. Tog was hy van die min joernaliste wat toegelaat is om direk op die bosoorlog te rapporteer juis oor hy ’n Suidwester dalk was en nie ’n ingevoerde “huursoldaat” uit die RSA nie. Hy was pro-Swapo in sy koerant maar het een beginsel regdeur getrek en dit is dat totale demokrasie tot stand moet kom en dat Swapo dit vir die land gaan bring. Dit het toe mos so gebeur en die ironie was, later in sy lewe, was hy een van die grootste kritici van Swapo en het hy vir Sam Nujoma op ’n kol gesê in sy koerant dat die land nie groot genoeg is vir hulle albei nie want Swapo het met ’n lieg aan bewind gekom. Hulle regeer nie die situasie nie, hulle steel die bates en verryk die regte stamgenote en intussen verval die administrasie van die land. Tipies Afrika, oral, daar by julle ook. Politici wat nie besef dat as die verkiesing verby is dan werk hy vir die publiek en verteenwoordig nie die politieke party nie.
Namib
NS As jy wil lag moet jy lees wat in The Spike gestaan het wat ou oom Max du Preez ondergronds uitgegee het doerie jare!

