HansR en die afgeleëndheid

  • 0

Dit is waar dat ons ver en wyd ry ... maar dit maak ons juis dalk minder verveeld? Daar in die stad, as jou kar sê iets moet breek, dan is dit soort van ’n telefoon optel (selfoon) en jy bel enige van maklik 10 of meer garages om jou te help. Hulle sal jou kar kom insleep of jy moet jou maatjie nadersleep om jou gou soontoe te tou. Dalk gee hulle jou ’n “courtesy”-kar en jy is mobiel vir die volgende dag of wat terwyl jy vir jou wa se herstel wag. Binne ’n uur of wat is jy terug by die huis.

Ons? As ’n kar ingesleep moet word na ’n garage toe is dit baie, baie ver op grondpad om net eers daai garage te haal. Jy weet wat klippe doen aan die voorkant van ’n kar wat gesleep word? So dis nie eintlik ’n opsie nie. Voor dit gebeur, koop jy solank vir jou ’n “workshop manual” van jou kar en doen die meeste dinge maar self. As jy nie weet hoe nie, dan leer jy maar. So bou ons darem meeste tye die part af wat kapoet is en gaan koop hom self op die dorp die slag as wat jy weer soontoe staan. Verstaan jy wat ek vir jou probeer sê? Omdat alles soveel moeiliker in afgeleë gebiede is, daarom is jy soveel besiger om alles bymekaar te hou dat jy eintlik nie so baie tyd het om verveeld te wees nie.

Namib 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top