Beste Hans Richardt,
Dit lyk my of in Feëtjieland, waar jy woon, alles eenvoudig is.
Het self 'n sonwaterverwarmer al 15 jaar lank - dis eenvoudig, maar alles met elektronika, batterye en draaiende asse is nie so eenvoudig nie. Ek ondersteun hernubare energie, maar dink baie mense by COP het dinge oorvereenvoudig.
In 'n ekonomiese krisis kan 'n mens nie net fabrieke toemaak nie.
In elk geval, dit lyk asof daar kwaai kabouters in Feëtjieland is.
Groete
Klaas Windvogel

