Hans het vir my gevra om 'n "Ewolusie-begripstoets" op te stel oor sy van, en die uitspraak daarvan. Hier is dit:
Jou van word /riçɑrt/ uitgespreek. Die ch word uitgespreek soos in die Duitse woord ‘ich’. Dis nie ʼn gutturale spraakklank nie, maar ʼn dentale frikatief soos bv. met die uitspraak van ‘geel’ /çe:l/, en nie soos in ‘gaap’ /xa:p/ nie. Dis ook nie 'n dentale frikatief soos in die Engelse woord 'shall' nie.
Jy kan van Duitse of Nederlandse afkoms wees. Ek vermoed jy is van Duitse afkoms, en ek baseer my vermoede op die onafrikaanse taalstrukture in jou skrywes hier op SêNet. Indien jy van Duitse afkoms is, is jy uiters intelligent, want ek het nog nooit van ʼn dom Duitser gehoor nie. Indien jy dalk van Nederlandse afkoms is, dan maak dit ook nie saak nie, solank jy net gesond is.
Hoe dit ook al sy, jou taksonomiese klassifikasie is en bly Homo sapiens.
Angus


Kommentaar
Angus... Wat ook al. Ek het kennis met apie wat doeke dra. Sy gooi vloermoer as sy my sien. Die apie verstaan gesigsuitdrukkings en stemtoon. Die macaques het stembande wat klankstroom van mens kan naboots, sou ons hul Broca-korteks stimuleer. Dus, lewende intermediêre spesies is tussen ons.
Net oor my, my pa het my op vier jaar begin op Hooghollandse bybel. Ek weet my Afrikaans is nie Anglokaans nie. Ek gaan oor jaar aftree, as ek nie êrens sneuwel in stof nie ...
So, ek is nie bang om te dood nie en bekommer my ook nie oor wat na dood gebeur nie, dis munisipale regulasies en emosionele plakkery.
Beste Hans,
Die hooghollandse bybel sê vir my my vermoede was verkeerd; jy is van Hollandse afkoms. Soos gesê, dit maak nie saak nie, solank jy net gesond is.
Juistement, intermediêre spesies is nie net tussen ons nie, alles wat leef, ons ook, is intermediêre spesies. Nog so twee of drie miljoen jaar, en jou macaque kan ook praat.
Ewe skielik kry ek jou bitterlik jammer. Jy gaan aftree en dan sneuwel? Waar gaan jy oorlog maak? Die ou wat sê hy's nie bang vir die dood nie, is gewoonlik die ou wat die bangste vir die dood is.
Groete,
Angus
Angus, ek het vele "battle scars"! Ek sit nie heel dag en nag in roomkoek nie. Nee, ek is nie bang vir dood nie, want ek glo nie aan ewige lewe nie. Het op sewe jaar my pa sien sterf in hospitaalbed, nadat hy vir my verduidelik het vooraf dat hy gaan dood gaan.
Dalk glo jy in "wedergeboorte", maar ek doen nie. Te veel mense in stadiums van ontbinding gesien. Geen politieke party kan regstel-aksie teen gelykmaker, dood, instel nie.
Ek hoop om nie in stof te gaan nie, voor pensioen. Ek wil nie enige "erfgeld" vir parasiete en hul buurman met dik rooi snor los nie. LOL. Ek beplan om my aftreegeldjie uit te leef. Ander moet vir hul eie heil in lewe self werk.
Beste Hans,
Wat laat jou dink dat ek in wedergeboorte glo? Ek glo niks; ek weet of ek weet nie. Mense wat aan wedergeboorte glo, dink seker dat die eerste keer onsuksesvol was.
Groete,
Angus