Hans Richardt en Godsdiens

  • 0

Richardt

Die rede waarom ek nie veel moeite doen met jou nie, is oor die matelose snert wat jy kwytraak.

Kom hoor hier – as jy met my verder wil diskoers voer, motiveer en bewys dan eers vir my hierdie onsamehangende, basislose sarsie stellings van jou – ek haal die vir jou gerief aan:

die totale aanslag “GOD” van die bybel se “ewige” onwettige wette wat alles verban of van “ongelowiges” se natuurwette wat al die aksies volgens Bybel verban, ontban?

Dit is ’n spul snert, so waarom moet ek daarop reageer en maak asof enigiets daarvan reaksie waardig is? As jy nie saamstem dat dit snert is nie, motiveer dit volledig met die bewyse daarvoor. As jy kan, gaan die gesprek voort. Maar as jy nié kan nie, dan het jy jouself genadiglik stilgemaak, én jouself van jou eie snert oortuig, soos dit eintlik hoort en is die gespek afgehandel.

En ja, jy is welkom om met soveel omhaal as waartoe jy in staat is, jouself te probeer verduidelik. As jou konsentrasiespan dit toelaat.

Wat op aarde weet jy van “hippie” af, so terloops? Het jy in Sesriem se geïsoleerde omgewing grootgeword, dat jy só niks weet nie? Moet jy van álles ’n verwronge beeld probeer skep, omdat jy self so vol verwronge persepsies, wat jy gedurig uitbasuin, is? Besef jy dat meeste hippies religie (op hulle “weird” manier) beoefen het? Selfs met ’n subkultuur wat die gebruik van LSD tot hallusinasies tot ’n religie wou verhef? Meeste van hulle was weens hulle aversie teen die establishment en weens hul dwelmmisbruik baie vêr verwyder van die werklikheid. Maar daar was die sterk hippie-beweging, die sogenaamde en welbekende “Jesus Freaks” of “Jesus People” (soos hulle hulself minsaam genoem het) van die middel Sestigs en daarna, wat ernstig en toegewyd charismatiese Christelike Godsdiens beoefen het. Met selfs hul eie musiekgenre, genaamd “Jesus Music” (luister byvoorbeeld na Norman Greenbaum se "Spirit In the Sky"), waaruit mettertyd “Christian Rock” en “Christian Metal” ontwikkel het. Lees die aanvangs woorde van die beroemde hippie-liedjie “Woodstock”, van Joni Mitchell. Die “Jesus Army” van die tyd het sosiale verworpelinge en dwelmverslaafdes en selfs gewese motorfiets bendelede van die Hell’s Angels en soortgelyke van die strate afgehaal en met groot toewyding en liefde versorg en gerehabiliteer. Een van hul evangeliste van die tyd was die bekende en veelbesproke Lonnie Frisbee. Van die snelgroeiende hedendaagse charismatiese kerke, soos Vinyard, het hulle ontstaan uit dié beweging te danke. Daar is ook die opspraakwekkende herlewings wonderwerk wat by Asbury College in 1970 gebeur het, onder hulle geïnspireerde optrede.

So, oningeligte mens, die hippies het nie geglo aan jou soort natuurwette nie, maar aan natuurlik lewe en liefde – “back to the land, back to nature” soos hulle gesê het. Eenvoud en opregtheid en ’n baie sterk soeke na die geloofsverbintenis met God – want hulle het geweet, sonder God ís daar geen natuur nie. Ongelukkig het ’n groot klomp van hulle daardie weg via dwelms probeer vind en fataal verdwaal – nes jy – die dwelm van halfgebakte naturalisme en humanisme, wat ook jóú ondergang sal beteken.

Jou selfgestileerde assosiasie met die hippie beweging is vir hulle ’n belediging. Probeer op jou eie bene staan.

Daar is nog geleentheid vir jou, want jy lewe darem nog.

Terloops, jou stompsinnigheid maak jou onuitstaanbaar aanmatigend.

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top