Hans en sy vrousoek

  • 0

Sal nie eers vandag weet waar om te begin soek as my ribbebeen besluit om die pad te vat nie. Kan nie maklik sonder haar klaarkom nie en sal daarom hard daaraan werk om te verhoed dat sy eers die gedagte van waai in haar kop kry. Ek weet nou nie wat jou probleem met die vrouens is nie, maar ek dink jy moet miskien ook self voor die spieël gaan staan en kyk hoe lyk jy en dan vergelyk jy dit met hoe die vrou dalk lyk en jy sal dalk besef dat jyself nou nie meer ’n prentjie van manlikheid is nie? Of dalk is julle presies reg vir mekaar! Ek dink vir die volwasse man en vrou gaan dit eerstens vir die verstande om te kliek en om gemeenskaplike behoeftes uit te werk en om te sien of die een die ander sal kan tevrede stel, voor jy na die fisiese kant eers begin kyk. Daai’s net poeding en van poeding alleen kan jy nie leef nie. Jy kan wel kos eet jou lewe lank, sonder poeding en jy sal nog sterk staan.

Namib

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top