Prakties gesproke, as ’n vrou trou met ’n man en hulle het kinders, sal die ongelykheid maar altyd daar wees. Jy kry wel die uitsonderings op die reël, maar ons praat oor die gemiddelde. Net die feit dat die vrou die fisiese proses van verwagting en geboorte en herstel moet gaan, plaas haar alreeds met ’n hindernis in die stryd.
Dink jy nie dat waar daar ’n tendens tot professionele vrouens is deesdae, is daar minder van hulle ook wat trou nie? ’n Huwelik is twee mense wat moet saamwerk. As ’n vrou haar beroep voor haar huwelik en kinders stel, is dit haar eie vrye keuse, maar sy moet weet dat dit dalk vir die man wat sy in oog het, nie aanvaarbaar gaan wees nie en gaan sy dalk nie trou nie. Dis ’n keuse wat sy moet maak en kan nie kla oor die gevolge daarvan nie. Ek weet net een ding, vir sekere mense, soos vir plaasboere, sal dit maar knetter vir die boer om ’n vrou te hê wat haar behoeftes bo die plaas en haar man stel. Dis ongelukkig ’n feit wat nie kan verander nie. My opinie.
Namib

