Hans en die Afrikaanse feeste

  • 0

Hier by ons loop ons Afrikaanses mos maar so hand om die blaas wat daar by julle in SA aan die gang is en van die top Afrikaanse sangers is deesdae hoeka Namibiërs. So vir die hedendaagse musiek moet ons deel skuld vat? Jinne. Waar draai ek nou rond? Hehe! Oor die algemeen vind ek instrumentale musiek veel beter as die gesingery want daar kan nie ’n ander interpretasie of verskoning te wees as daar nie ’n suiwer klank trek nie. En soos ek jou sê, as ek so oor die berge en vlaktes die oog gooi, kon ek nog niks mooier kry as juis van die klassieke goed nie. Hier fees hulle omtrent oor elke ding en op elke dorp en ons kan nie anders as om dit in Afrikaans te doen nie want ons kan die anner goete nie lekker verstaan nie!!

Vuurwapens is ’n instrument in die hand van die mens, soos ’n mes, vurk, lepel, ens. Daai storie dat hy mense aanhits tot geweld, is stront. Dis nie die wapen wat moor nie, dis die mens. Net omdat jy ’n groot lorrie bestuur, beteken dit nou jy gaan die gier ontwikkel om mense in kleiner karre op die pad vrek te ry? Nee swaer, as jy wil moor, sal jy moor, of dit nou met geweer, pistool, klip of mes is. In die veld het jy met tye nog ’n geweer nodig want daar kom tye wat jy ’n stukkie wildsvleis wil huis toe vat en dan gebeur dit dat ongelukke gebeur met diere en dan moet jy ’n dier uit sy lyding kan help.

Namib

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top