HanR en sy Wamboland

  • 0

Ek weet nie van die bekruipery waarvan jy praat nie, en die geskiedenis praat net van die ontstaan van die Baster- en Griekwabevolkings vanuit ’n vermenging van wit en swart soos wat ek jou vertel het. Wat ek wel weet, is van buite-egtelike kinders in die moderne tyd wat op Rehoboth afgelaai is vir die Basters om groot te maak ... of so het die storie gegaan. Suiwer wit, wat as Baster grootgeword het, dus. Daar was in die moderne tyd wel ook gekleurde vrouens wat kinders by wit mans gekry het en die logiese plek dan vir so ’n vrou en haar kind om te gaan bly, was op Rehoboth. Of selfs op die plase? Hoe sal mens die omvang weet? Daar is vele manne wat se korasie ’n veel hoër vlak handhaaf as sy intelligensie of beginsels.

Doer in die jare toe die Turnhalle-konferensie aan die gang was, het ’n polisieoffisier my vertel van die spelery doer in die De Beers-woonstelle in Windhoek van die politici saam met kleurling prostitute en dat hulle hulle volgens die nuwe gedagtes hulle eerder nie arresteer volgens die ontugwet nie, maar die name wat hy daar genoem het, was skokkend. Jou harde vaders van apartheid en selfs een dominee het heel gewillig gedrink by daai pot van sonde.

Namib

HansR en Gwen Lister

Ek ken vir Gwen Lister nie as persoon nie en het ook nog nie veel van haar op TV gesien nie en ek wonder of sy die persoonlikheid het van ’n politikus? Sy is een moerse joernalis en haar werk is om die waarheid te versprei en as politikus sal sy die teenoorgestelde moet doen ... leer om te lieg! Maar Zille het dit gedoen ...

Hier by ons is die dinge mos anders in die opsig dat 70% van die stemme sit bo in Owamboland en hulle’s hoofsaaklik Swapo. Daar sal ’n vrou uit Swapo dalk opstaan en hoof van die party word, maar vir ’n Owambovrou, of enigiemand anders om ’n nuwe party te stig wat Swapo kan aanvat, nie maklik nie. Die tradisionele Owamboman doer in die noorde glo steeds dat as hulle kinders verwek by ’n maagd, kan Vigs nie aan hulle vat nie. Of dit net ’n gerieflike verskoning is, weet ek nie, maar daar is van die manne wat tussen 12 en 24 kinders verwek het! Iets laat my dink jy sou ’n uitstekende Owambo gewees het? Hehe!

Namib

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top