Handvaardighede vs redenasie

  • 0

Ek dink nou al meer dat mense met vaardighede op bv ’n draaibank, net soveel, indien nie meer, intelligensie het as baie akademici. Die “meerderwaardigheid” van die 70's en 80's teen sg blouboordjiewerker was sonder enige gronde hoegenaamd. Neem bv net die gemasjineerde 3 dele in my windlaaier. 2 magneetplate op ’n lasermasjien tot perfeksie of die 4 gemasjineerde boude wat tussen plate op die rollaers loop of die as. Ek weet dat as ek die vaardighede en toerusting gehad het, dit my veel minder sou kos. Die manne maak dieselfde geld as ’n mediese spesialis. In vandag se wêreld is dit geld wat praat. Geld wat stom is, maak reguit wat krom is? Het ek my lewe oorgehad, het ek dit anders benader met my huidige kennis. Ek kan na aftrede dalk dit begin leer? Daar is soveel innoverende dinge wat mens self kan bou met al die beskikbare kennis deesdae op die internet.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top