Ja-nee, en daar doen Hambidge dit weer ... ek stem saam met Marinda Esterhuizen se kommentaar oor Nini Bennett se bundel. Ek was onlangs by die Versindaba en het na die jong digters geluister. Bennett het vir my uitgestaan bo van die ander digters wat van hul gedigte voorgelees het. Ek verkies eerder ’n gedig wat tot my spreek, as een of ander tegniese, klein woord-wonderwerk. Ek dink dis hoog tyd dat digkuns terugbesorg word aan die “volk” en nie aan allerhande geletterdes in hul selfvoldane ivoortorings nie.
Deona Smuts

