Hallo, is iemand nog daar?

  • 21

Ek sien die afgelope ruk is daar geen bydrae tot SêNet gelewer nie. Hallo, is iemand nog daar?
Reusedwerg

  • 21

Kommentaar

  • Ja - ek is! Iemand hier is van mening dat ek almal op die Sê gruwelik beledig en daarmee geïnsinueer dat ek dit in die oog het om hul almal van die Net af te skryf. Hoe dink jy, het ek daarin geslaag?

  • Hallo Reusedwerg,
    ek loer so nou en dan in, maar ja, die werf is stil. Die werfkarakter van doerie tyd is lankal weg, saam met die lekker debatte en gestryery. Ek mis dit. Ek het opgemerk dat die ou geselskap hul rug gedraai het veral na hierdie nuwe formaat dwars in ons keel afgedruk is. Ek is ook so lankal weg uit Afrika dat die huidige flou griffels oor taal en "pussyfooting" rondom politiek my nie interesseer nie.
    Elk geval, geniet jou dag.

  • Martinus Pretorius

    Ja, ek wonder ook waar is almal dan heen? Jan Rap is tog 'n man wat nie kan stilbly nie, hy is iemand wat gedurig moet stry oor iets, anders is hy nie gelukkig nie. En hy en Angus het so knaend gestry oor Afrikaans, ek het gedink dit hou nooit op nie. Nou is hulle stil ... waarom?

    Tiens Pretorius

  • Word wakker seggers. Gaan op 'n memoriam. Julle het nog altyd kak gepraat. En dit duur voort in hierdie stilte.

  • Dedalus, my ou vriend, op jou regterskouer sal jy 'n lelike litteken sien wat soos 'n patrys lyk. Het jy dan vergeet dat jy uit pure jaloesie op Perdix hierdie merk gekry het?

  • Dag Dedalus, ek het geen idee wie jy is nie. Kak praat verstaan ek, maar kak stilbly? 'n Kraakvars een daai vir my.
    Maar beduie bietjie, wie praat nog altyd kak? Hoe lank is "nog altyd" Ek drentel al so 16 jaar op die werf, aan en af en ek stem saam, kak is menigmaal vrylik hier neergepen, maar baie sinvolle debatte het ook af en toe opgeduik. Ek sien aan die opmerkings aan jou dat jy blykbaar so populêr is soos melaatsheid, hoekom sal dit wees?
    Elk geval, tyd sal leer.

  • Geagte Dedalus, die Ingelse het 'n gesegde, "An unasked opinion is a sign of stupidity". Gaan sit in in jou hoekie waar jy hoort. Boks toe met jou ...

  • Reusedwerg
    Tyd om Dedalus totsiens te sê.
    Dit is vir my belangriker om the hoor wat julle sê oor een van ons handelsbanke se standpunt dat grondeienaars wie se eiendom met of sonder vergoeding deur die Staat onteien is, nog steeds hul verpligtinge teenoor die bank moet nakom.
    Dit sal beteken dat eienaars nog steeds hul paaiemente vir die delging van kapitaal en rente moet volhou totdat die verband ten volle afgelos is, al is die staat nou die nuwe eienaar.
    Gaan na https://roodepoortrecord.co.za/2018/08/29/nedbank-email-causes-furore-2/ en laat weet my wat jy daarvan dink.

  • FC, trek jou rekenaar bietjie nader en Google of vra enige senior bankamptenaar wat "SECURITISATION" is. As hy nie weet nie, is hy beslis nie werd om in sy pos te wees nie. Dit lees soos kattekwaad. Geen, maar soos in geen bank "verloor" geld nie. Die aandele en geldmarkhandelaars sal weet. Jy het instrumente in die daling en styging van aandeelpryse wat "verskansing" teen te groot verliese bied. Die banke gaan met die "onteiening van grond" groot verliese lei. Natuurlik, maar hul sisteme verminder of verskans die verliese.
    NS Dit is my vertolking/siening. Daar is manne/vroue/persone met baie beter insig as wat ek het.

  • Dankie Reusedwerg.
    Dit gooi 'n bietjie lig op die onderwerp.

    Verneem egter ook graag van ouens met 'n regsagtergrond of so'n kontrak nog wetlik afdwingbaar is, waar die staat die nuwe eienaar word en dus ook in besit van sg 'kaart en transport' kom.

    Sal jy in so'n geval bly aanhou betaal indien daar geen vergoeding is of vergoeding minder as uitstaande balans is?

  • Reusedwerg
    Die Ekurhuleni Metroraad neem nou die voortou en gaan volgens beriggeweing die eerste wees om vier stukke grond sonder vergoeding te onteien.

    Die grond is volgens die Metro onbenut.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top