half fana ghalô

  • 0

getuies, getuig lieweste, profete, professeer,
dié, wie waaragtig weet, bevryding vat sweet,
vóór Mens Mens Geskiedenis, Storie heel v’geet,
Millennium Drie, toe heel goei’ Tyd, Ú Les te leer

bly Mens, half vol skrik, halwers skaam, vir Ú, Opperwaarheid,
Paradys-Pad, vol slaggat, onkunde-ontkenningskunde, “rykdom”,
sal Self Self, duid’lik moet bona, hoe Mens uiters sleg, dom kom,
oorlogsugtig, Self-destruktief, aan, agter sjatan se neo-apartheid

o sjerbet, Homo, net Homo kan Homo, Self, uit Krisis uit bevry,
niks of niemand anners, eisj, Gló, Mens, Gló, post-Herwinninglik,
meerderheidsgerig, Camagu, siyavuma, m’t Gebed, Gewete by

hierie informeel huisbouery, super-Self-slawerny, ultra-hlopekha,
’n stryd, versus boosheid, selfs oor “oorlog”, of nie, groot stryery,
leer Mens kancinci, stadig, bietjie-bietjie, heel t’min van Úwe Wet

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top