
westclox tik die uur af
traag vee sy die laaste krummel
van die vieruur-linoleumblad
sprinkaan sit op hooimied
boervrou maak agriforum-sonsambreel oop
vet boud braai by Stilbaai
uil sit hoog op paal
trek die gordyne dig teen die nag
geen voorbodes hier binne
geel appelkose borrel in die pot
vlieg stryk sy vlerke soos ’n viool
die taai sifdeur klap
kraaie sirkel swart teen middagson
kyk stip na die hond by die ashoop
waar hy prooi snuffel
aarbei pronk op roomystoring
lok die kind van sementstegies binne
’n soet Sondagsbeloning


