Haikoe-kompetisie: Eksperimentele haikoes deur Charl Cilliers

  • 0

die rusteloses kyk noord
na hul verlange ... klipwêreld
en half-menslike bome

’n sneeuval
van kinders
in die strate

strooihoed en ’n strooireënjas
somtyds stap Meester Basho
tog saam met my in die reën

al dae lank
                dieselfde slak
wat emigreer

in ’n blom
al die seisoene
van geloof

flitse van kinderdae
ek rol die film
drie of meer dekades terug

die tak vol bloeisels
se een-tonige skadu
teen die lang wit muur

ons verdwyn almal
in blare
van bome

die bejaarde bokser
met sy springtou staar voor hom
uit na die verlede

die raaisel
van vorm
son, wolke en wind
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top