
Plank op my tafel
waarmee is jy als gediend
bly net hier my maat.
’n koppie sterk tee
hoe spreek jy vrede oor my
jy gaan warm af.
teekan op die stoof
vriendelike aangesig
erdpot sonder kraak.
Wit vredesduiwe
heilig in die bloue lug
spesiaal vir ons.
bier uit ’n bottel
bitter lekker op die tong
wie verlang ’n glas?
Karoo plat en groen
jy is soms ook grou en vaal
maar ek hou van jou
geroeste blik jy’t
inhoud gehad
tydens jou vorige lewe


