
Die prag van ’n gedagte, en ’n krag van koorde.
So te mag lagte
in die redding van woorde.
My psalms en gesange
Op my knieë
In kroeë se gange
Dan te let
Dan die bed
Bedlam
Die tuur
Die bier
Die taal
Die dronk ou oom
Die blonde wat flirt
Steek ’n sigaret aan
Die Midde-Ooste
Die Opskrifte
Wysheid vannie Perse
Alles kom tot niks
Die lewe maar ’n laslap
Rommel waarop jy vastrap


