Haikoe-kompetisie: Eerste 10 Haikoes deur Charl JF Cilliers

  • 1

haikoe 1

uit die vol beker
van die maan drink ek water
silwer soos die stroom

 

haikoe 2

ek kan klanke hoor
van die water rondom die
lelies van Monet

 

haikoe 3

een padda wat ek
tevergeefs probeer om aan
Basho voor te stel

 

haikoe 4

die pad anderkant
Bitterfontein loop tot by
my woestynplekkies

  

haikoe 5

skoenlappers fladder
tussen geplukte blomme
waar grafstene staan

 

haikoe 6

droë weerligstraal
die verrimpelde vel van
’n rivierbedding

 

haikoe 7

buite die voordeur
sit die geduldige kat
en die môrester

haikoe 8

ek pluk grashalms
hoop om die wind een keer in
my hand vas te hou

haikoe 9

van boom tot houtskool
die houtvuurtjie se hitte
die koue aarde


haikoe 10

ek maak toe die laai
vol ou groetekaartjies oop
donkerte glip uit

  

 

  • 1

Kommentaar

  • Dinelia Coetzee

    Liewe Charl, dit is ongelooflike mooi haikoes.  Jy het ’n wonderlike talent.  Ons 1980-POËSIEKRING lede is baie trots op jou!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top