Haikoe-kompetisie: "Afrika-seisoene" (4 haikoes) deur Malbert

  • 0

 

Donderstorm

Donkerblou dreigend
reus giet blitse en strome
oor verskroeide veld

Karooherfs

Oranje vlam van
winterasem brand klooflangs
populierboskroon

Drakensbergwinter

Flou winterson streel
ysvingers van lui stroompie
tussen goudgeel gras

Kersieboombloeisels

Lente-engele
sprinkel pienkpers spatsels teen
vaal heuwelhange


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top